O, boereplaas

"O, Boereplaas"
Genre  Afrikaanse volksmusiek
Woorde  C.F. Visser[1]
Melodie  1. Volkswysie
2. Johannes Joubert
Verwerking  1. Dirkie de Villiers
2. Arthur Ellis[1]
Oorsprong 
Taal/land  Duits
Titel  "O Tannenbaum"
Portaal  Portaalicoon   Musiek

"O, Boereplaas" is ’n Afrikaanse, verwerkte weergawe van die Duitse Kersliedjie "O Tannenbaum". Die Duitse woorde is geskoei op ’n lied uit die 16de eeu wat in die 19de eeu tot ’n Silesiese volksliedjie uitgebrei is. Die melodie was reeds in die 16de eeu ’n bekende volkswysie wat onder meer as "Es lebe hoch der Zimmermannsgeselle" en die studentelied "Lauriger Horatius" gewild was.

Vanweë die bekendheid van die lied en die eenvoudige wysie is baie ander, soms humoristiese woorde al daarop gesing. Ook die lied van die Internasionale Arbeidersbeweging, "The Red Flag", en die amptelike lied van die Amerikaanse deelstaat Maryland, "Maryland, My Maryland", gebruik dié wysie. ’n Tweede melodie vir O, Boereplaas is deur Johannes Joubert geskryf en deur Arthur Ellis verwerk.

Die Afrikaanse woorde is deur C.F. Visser[1] geskryf.

  1. 1,0 1,1 1,2 "FAK-sangbundel aanlyn". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2017. Besoek op 13 Mei 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search